Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Homo Banalitus" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Homo Banalitus" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #30343] Vr, 05 Mei 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

HOMO BANALITUS
Louis Esterhuizen

Staan jy stil
onder bome, hoor jy
die geskinder van triljoene vlerke
wat om jou
verdig, die oë wat in jou rug in
boor.
En loop jy deur die gras, hoor jy
die gefluister van insekte e.a. spesies
wat voor jou uit sku
om jou op 'n afstand
met omdop-oë te beskou. En jy vind dit
in elke boom se bas uitgekerf
teen elke rotswand gesmeer
onder elke klip
uitgeskyt

Nie evolusionêre hoogte
punt, maar draaipunt. Nie kulminasie,
maar begin van afwaartse
glorifikasie -

die mens
Vorige onderwerp: Uit "Scriba van die Carbonari" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Uit "Klipwerk" deur N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:39:25 MGT 2024